Warrior-For-Christ

Jesus is volkome in beheer

leave a comment »

Matteus 8-9

In Matteus 8 en 9 getuig Matteus van die wonderwerke wat Jesus gedoen het. Hy genees onder andere ‘n melaatse man en Petrus se skoonmoeder, Hy maak ‘n storm stil op see en dryf bose geeste uit twee mense in Gadara, en later nog wek Hy die dogter van ‘n raadslid op uit die dood.

Al hierdie verhale demonstreer dat Jesus ten volle in beheer staan van elke faset van ons lewens en alles rondom ons – self die natuurkragte, bose geeste en die dood.

Omdat ons hierdie verskering het, hoef ons derhalwe ook as Sy kinders niks te vrees nie – want Hy ken alreeds die diepste begeertes van ons hart, Hy ken ons pyn en ons nood. Nog beter, Hy kan ons omstandighede verander – plaas Hom vandag onvoorwaardelik in beheer van jou lewe en weet verseker dat Hy alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet (Romeine 8:28).

(Idee: Prof Hennie Stander, Juwele uit die Bybel, Carpe Diem Media, 2007)

Written by Warrior-For-Christ

January 24, 2008 at 10:29 am

Posted in Christelike Lewe

Tagged with ,

Leave a comment