Warrior-For-Christ

Tye van Verandering

with one comment

06 Junie 2016

In herinnering aan my Pa wat vandag 78 sou gewees het. Mis jou pappa.

Ek gaan op die oomblik deur ‘n tyd van redelike groot verandering in my lewe, nie net in my verhouding met God nie, maar ook in my persoonlike lewe – die verlies van iemand vir wie ek baie lief is en dan die aanwins van nuwe vriende en die bou van verhoudings met wonderlike mense wat ek ‘n paar weke gelede glad nie geken het nie. Daar is ook op werks- en finansiëlevlakke verwikkelinge aan die gang wat verrykende gevolge kan hê. Tog is daar in my ‘n kalmte en ‘n aanvaarding van dit wat God vir my beplan en ‘n vertroue in Hom wat ek lanklaas ervaar het.

Ek die afgelope twee dae besonderse bemoedigende boodskappe van God gekry en wil dit graag deel.

Exodus 23:20 – “Behold, I send an Angel before you to keep and guard you on the way and to bring you to the place I have prepared.”

Eksodus 23:20 – “Ek, die Here, stuur ‘n Engel voor jou uit om jou te beskerm op die pad en jou na die plek toe te bring wat ek vir jou reggemaak het.”

Exodus 33:14 – “And the Lord said, My Presence shall go with you, and I will give you rest.”

Eksodus 33:14 – “En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?”

Watter wonderlike wete is dit nie dat God ons só spesiaal ag dat Hy een van Sy Engele voor ons uit stuur om ons te beskerm en te lei na die plek toe wat Hy alreeds vir ons voorberei het nie. Hy gee ons die versekering dat ons nie alleen die stryd stry nie. Hy bevestig dat niks wat met ons gebeur toevallig is nie, maar dat Hy alreeds dinge vir ons voorberei het om te doen en die plekke bepaal het waarheen Hy wil hê ons moet gaan.

God gee ons die versekering dat Hy ons lewenspad saam met ons sal stap, dat Hy ewig persoonlik daar is om ons te beskerm en ons laste te dra – en dan die belofte dat Hy ons rus sal gee daar waarheen Hy ons lei. Net soos Moses God se teenwoordigheid gesoek tydens die uittog uit Egipte en die versekering wou hê dat God saam met hom hierdie moeilike pad sou stap om hom te help, is dit al wat ons ook vandag nodig het – God se teenwoordigheid en die wete dat Hy altyd daar met ons is op die reis.

So wat ookal jou omstandighede vandag is, wandel in die wete en met die gemoedsrus dat God se teenwoordigheid jou die krag sal gee om die oorwinning te behaal en dat solank Hy met jou is,  alles met jou goed sal gaan – dis Sy belofte aan ons, net soos dit Sy belofte aan Moses was. Soek God se teenwoordigheid in jou lewe.

 

Advertisements

Written by Warrior-For-Christ

June 6, 2016 at 10:20 pm

Posted in Christelike Lewe

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Die Here is werklik
    Ek en my man gaan deur ‘n baie moeilike tyd – ons werk al 11jaar vir ‘n motorhandelaar wat einde verlede maand sy deure moes sluit as gevolg van swak ekonomie – ons het besluit om aan te gaan met die werkswinkel soos dienste op voertuie ens. Ons is elke dag bekommerd oor die feit of ons salarisse, huur, krag, telefoon, parte en en… sal kan betaal die einde van hierdie maand. Vanoggend stuur die Here iemand oor ons pad – iemand wat ‘n werkswinkel soek in hierdie area om hul verskillende voertuie te diens!
    Wow hoe het dit gebeur – hoe het die persoon geweet om hier in te stap – Prys God Hy is groot!
    Toe ek Sondag met my broer praat was sy woorde – “ek bid vir julle – ryk uit na hom en laat Hy jul laste dra
    -Hy berei julle voor vir iets baie groter en beter” – ek besef my geloof is nie sterk genoeg – ek gee alles vir Hom en dan vat ek dit weer terug as ek dink niks gebeur dan!! Hy sal dit wat jy nodig het gee – nie op my of jou tyd nie – maar op Sy tyd. Ek is dankbaar – dankie my broer vir jou geloof, gebede en liefde – ek gaan daar kom ek wil my geloof ook sterk maak soos joune!!

    Bernnita Steyn

    June 9, 2016 at 12:31 pm


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: