Warrior-For-Christ

Kersfees v Christusfees

with 2 comments

Ek lees gister per toeval twee blogs wat beide handel oor Kersfees en die viering daarvan. Die een geskryf deur ‘n ateïs onder die titel Dear Christians: Thanks for Christmas, Love Atheists en die ander deur Prof Hennie Stander onder die titel Help! Jesus is Weg.  Beide het dieselfde tema, naamlik dat die viering van Kersfees deesdae baie min of weinig met Jesus Christus of Sy geboorte te make het.

Ateïs skryf soos volg: “…countless nominally Christian households will today proceed to celebrate it with barely more than a passing thought or a few mumbled words about Christ. The day will instead be filled with Santa’s leavings, families reconnecting, banter, smiles and even religious songs belted out without any recognition or interest in their lyrics. In short, what will dominate this season is the power of human community and collective celebration. Not theology…”

En dit is só – of ons dit nou wil erken of nie. Christus is ooglopend “weg” uit ons Kersfeesvieringe en instede daarvan het dit net nóg ‘n vakansiedag geword, net nóg ‘n geleentheid om braaivleis te hou en ‘n bier saam met pêlle te drink…

Dis tyd dat ons Jesus Christus terugbring as die middelpunt van Kersfees en miskien ook voortaan liewer te verwys na Kersfees as Christusfees – net om dit weer spesiale betekenis te gee.

Advertisements

Written by Warrior-For-Christ

December 27, 2007 at 5:15 pm

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DIE EINDE VAN DIE KERK-ERA
    . . . EN DAARNA

    http://worldwide.familyradio.org/zusa/graphical/literature/frame/

    Deur Harold Camping
    ________________________________________

    IS DIT WAAR dat ons in die tyd van die Groot Verdrukking is?

    IS DIT WAAR dat die Kerk-era tot ‘n einde gekom het?

    IS DIT WAAR dat God die ware gelowiges, in Christus as hul Saligmaker, beveel om hulle kerke onmiddelik te verlaat?

    IS DIT WAAR dat God nie meer van kerke gebruik maak om die wêreld te evangeliseer nie?

    IS DIT WAAR dat die taak om die wêreld te evangeliseer nou deur God aan indiwidue toevertrou is om afsonderlik en gesamentlik met organisasies soos Family Radio mee te werk ten einde hul opdrag ten uitvoer te bring?

    IS DIT WAAR dat alle plaaslike gemeente en kerkstukture sonder uitsondering onder die oordeel van God gekom het?

    IS DIT WAAR dat God nie meer mense deur die plaaslike kerk verlos nie?

    IS DIT WAAR dat Satan in elke plaaslike kerk die heerskappy voer?

    IS DIT WAAR dat die oordeel wat nou op elke plaaslike kerk is oor sal gaan tot die uiteindelike finale oordeel aan die einde van die wêreld?

    Hierdie is sommige van die baie êrenstige vrae wat in hierdie boek aangespreek word.

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org

    Tyd Het ‘n Einde …. Ja jyt reg gehoor… die wederkoms van ons Messias is hier… die “laaste uur” het aanbebreek

    Hierdie boodskap word tans wereldwyd via radio uitgesaai… en die kerke kan daar niks aan doen…!!!

    Luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz oppi draadloos
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    johannes_11

    January 23, 2008 at 3:38 pm

  2. Ek stem… Baie daarvan het, myns insiens, te doen met ons ongemaklikheid om met mekaar te praat oor God. Dis byvoorbeeld in my ervaringswereld bitter bitter raar dat ‘n pa daarvan ‘n gewoonte maak om sy gesin in Godsdiens te lei. Min ouers is bereid om op meer as ‘n intellektuele wyse met hul kinders te gesels oor God. En ek as kind weet nie hoe om hierdie kwessie aan te spreek in my ouers se huis sonder om hulle om te krap nie.

    En dan is dit Kersfees, en almal wil tog Kersfees hou, daar’s immers presente om uit te deel (of ten minste familie om te sien!)… maar wie sal nou vir ons die ongemaklike “pay tribute” deel van die verrigtinge afhandel?… Wanneer het ons net ‘n kopknik in ons Verlosser se rigting begin gee voor ons die braaivleisvuurtjie aansteek?

    En hoe kan ons op ‘n verwelkomende manier ons families se fokus help vestig op die (vir sommige van hulle nominale) sentrum van ons lewens?

    Cara Meintjes

    January 2, 2008 at 9:15 pm


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: