Warrior-For-Christ

16 Mei 2016: Berei jouself voor om die seën van God in oorvloed te ontvang

leave a comment »

2 Konings 3: 16-17.

Gaan lees die storie – die Moabiete rebelleer teen Israel en die drie konings van Israel, Juda en Edom trek op teen die vyandige mag. Skaars was hulle sewe dae oppad toe raak die water op en is daar vir mens en dier nie ‘n druppel om te drink nie.

Die drie konings laat toe vir Elisa haal om deur hom God te raadpleeg.

Elisa vra toe vir ‘n lierspeler en terwyl dié op die instrument speel kom God en praat met hulle deur Elisa. God gee opdrag dat die vallei waar hulle was vol slote gegrawe word want, sê die Here, Hy sal dit opvul met water sodat almal meer as genoeg sal hê om te drink – en dit sonder dat die Israeliete enige teken van wind of reën sal sien. Dit is maar ‘n geringe saak vir God. Hy sal dan boonop sommer ook die Moabiete oorgee in die hand van Israel.

Elisa maak hier bekend dat God Israel ryklik sal seën deur nie net vir hulle van water te voorsien nie, maar hulle ook te verseker van ‘n oorwinning  oor die Moabiete.

Die vraag vandag is wat doen ek en jy in ons lewens om onsself, soos die Israeliete, voor te berei vir die oorvloed van seën wat God oor ons wil uitstort? Hoe maak ons onsself gereed om Sy seën in oorvloed te ontvang?

Gebed: God maak my reg en gereed om U seën in oorvloed te ontvang – die seën wat U so graag oor my wil uitstort.

Advertisements

Written by Warrior-For-Christ

May 17, 2016 at 12:15 am

Posted in Christelike Lewe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: