Warrior-For-Christ

Keuses vir God

leave a comment »

Prediker 12:13,14  Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam Sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed of kwaad is.Die hele boek van Prediker bevraagteken die sin en doel van alles wat ons doen en najaag in die lewe – ons vermoei ons met werk, ons probeer mekaar oortref, ons jaag na rykdom… sonder om ooit tot stilstand te kom en te vra: “Waarvoor?”

Maar alles is darem nie net wanhoop en sinisme nie – God bring orde. God se bedoeling is dat ons in alles die hoogste bevrediging sal vind, nie in die dinge van die lewe nie, maar in Hom. Ten spyte van al die teenstrydighede en die onverklaarbare dinge wat in die lewe gebeur, moet ons met een enkele doel lewe en dit is om God te leer ken en Hom te verheerlik. Ware wysheid, ware vrede en die ware lewe begin by Hom.

Die Prediker wys daarop dat ons die lewe in al sy volheid moet geniet, maar dat dit ons nie vrystel daarvan om God se gebooie te onderhou nie. Dat ons die sin en doel van die lewe mag soek en bevraagteken, maar dat ons die antwoorde nie sal vind in die dinge van mense nie. Dat ons, ten spyte daarvan dat die lewe soms sinneloos en onregverdig lyk, ‘n positiewe gesindheid en ‘n sterk geloof in God sal behou.

Prediker waarsku dan ook dat ons almal eendag tot verantwoording geroep sal word en rekenskap sal moet gee oor die keuses wat ons in hierdie lewe gemaak het – reg en verkeerd – en dat ons dan nié die oënskynlike teenstrydighede (inconsistencies) van die lewe kan gebruik as ‘n verskoning daarvoor dat ons nie reg gelewe het nie.

Kies vandag reg – kies vir God.

Advertisements

Written by Warrior-For-Christ

February 5, 2008 at 10:08 am

Posted in Christelike Lewe

Tagged with ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: