Warrior-For-Christ

Archive for February 26th, 2008

Ons dwaal so maklik

with one comment

Efesiërs 6:10 … soek julle krag in die Here en is Sy groot mag. Finally, be strong in the Lord and in His mighty power.

 Pastoor Greg Laurie vertel die verhaal van sy klein seuntjie wat die gewoonte gehad het om af te dwaal of weg te dwaal wanneer hy die kans gekry het. So hardloop hy dan ook eendag vooruit om die hysbak se knoppie te druk in die hotel waar hulle tuis gegaan het, en beland hy alleen in die hysbak en verdwaal. Na ‘n lang ruk se soek en ‘n op-en-af ryery in die hotel hysbak vind Pastoor Laurie hom ‘n paar vloere op waar hy op sy eie ronddwaal.

Die storie het darem ‘n gelukkige einde gehad en die outjie het so groot geskrik dat hy van toe af aan dit nie sommer weer gewaag het om op eie houtjie weg te dwaal van sy ouers af wanneer hulle iewers heengaan nie.

Net soos hierdie seuntjie, neig ons as Christene ook om van tyd-tot-tyd af te dwaal van ons God – net gou ‘n bietjie loer hier, net gou dit probeer of daar ‘n draai maak. En dit is juis dan wanneer die duiwel ons lê en inwag, sy strikke vir ons stel - hy is ‘n magtige opponent en ons as mense is nie alleen opgewasse teen sy slinksheid nie.

Die laaste ding wat ons behoort te doen, is om op ons eie krag in die wêreld rond te gaan, want die kanse om geestelik verslaan te word is baie goed. Om hierdie rede is dit belangrik om altyd naby aan God te bly en in Hom en deur Hom sterk te staan teen die aanslae van die bose.

As daar ooit ‘n tyd was om naby aan God te loop dan is dit nou – dit is nie die tyd om soos die klein seuntjie speletjies te speel met God en met jou geloof nie. Dit is nie nou die tyd om af te dwaal of weg te dwaal en staat te maak op jou eie kragte nie.

(Harvest Daily Devotion for 25/02/2008)

Written by Warrior-For-Christ

February 26, 2008 at 9:20 vm

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.